Johannes VIII Palaiologos
Johannes XI Palaiologos | |
---|---|
Keiser van die Bisantynse Ryk | |
Johannes VIII Palaiologos, deur Benozzo Gozzoli.
| |
Bewind | 1425-1448 |
Voorganger | Manuel II Palaiologos |
Opvolger | Konstantyn XI Palaiologos |
Gebore | 18 Desember 1392 Konstantinopel |
Oorlede | 31 Oktober 1448 (op 55) Konstantinopel |
Dinastie | Palaiologos |
Vrou | Anna van Moskou Sophia van Montferrato Maria van Trebizonde |
Vader | Manuel II Palaiologos |
Moeder | Helena Dragas |
Johannes VIII Palaiologos (Grieks: Ἰωάννης Παλαιολόγος, Iōannēs Palaiologos; 18 Desember 1392 - 31 Oktober 1448) was die tweede laaste keiser van die Bisantynse Ryk; hy het van 1425 tot 1448 regeer.
Lewe
[wysig | wysig bron]Johannes VIII was die oudste seun van Manuel II Palaiologos en Helena Dragas, dogter van die Serwiese heerser Konstantyn Dragas. Hy was voor 1416 medekeiser saam met sy pa en het in 1425 die alleenheerser geword.[1]
In Junie 1422 het Johannes Konstantinopel suksesvol verdedig tydens ’n beleg deur Murat II, maar moes afstand doen van Thessaloniki, wat sy broer Andronikos in 1423 aan Venesië gegee het. Om hulp teen die Ottomaanse Ryk te kry het hy pous Eugenius IV besoek en ingestem tot die hereniging van die Griekse en die Roomse Kerk. Die hereniging is in 1439 bekragtig op die Konsilie van Florence, wat Johannes saam met 700 volgelinge bygewoon het, onder andere patriarg Josef II van Konstantinopel. Die hereniging het misluk weens teenstand in Konstantinopel, maar Johannes kon eindelik die stad teen die Ottomaanse Ryk verdedig.
Johannes VIII het sy broer, Konstantyn, wat twee keer tevore regent van Konstantinopel was, as sy opvolger aangewys. Ondanks die gekonkel van sy jonger broer Demetrios het sy ma, Helena, verseker dat Konstantyn in 1448 keiser word.
Johannes VIII is in 1448 in Konstantinopel oorlede – hy was die laaste regerende Bisantynse keiser wat aan natuurlike oorsake gesterf het.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "John VIII Palaeologus | Byzantine emperor". Encyclopedia Britannica (in Engels). Besoek op 19 Mei 2019.
Ander bronne
[wysig | wysig bron]- Oxford Dictionary of Byzantium, 1991.
- Chisholm, Hugh, red. (1911). "John VI or VII". Encyclopædia Britannica. 15 (11de uitg.). Cambridge University Press, bl. 439.
Skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Johannes VIII Palaiologos.
- Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.