Die drukbare weergawe word nie meer ondersteun nie en kan leweringsfoute hê. Dateer asseblief jou blaaierboekmerke op en gebruik asseblief eerder die verstekblaaierdrukfunksie.
Podgorica (MontenegrynseCyrillies: Подгорица, [pǒdɡorit͡sa], letterlik: "onder die klein heuwel") is die hoofstad en grootste stad van Montenegro met 'n bevolking van 187 085 in 2011, wat gelykstaan aan sowat tien persent van die totale Montenegrynse bevolking. Tydens die Sosialistiese Federale Republiek van Joego-Slawië tussen 1946 en 1992 is dié stad Titograd genoem, na dié land se eerste president Josip Broz Tito. Podgorica dien sedert Montenegro se onafhanklikheid van Serwië en Montenegro in 2006 as hoofstad van dié land, terwyl Cetinje in die grondwet as ou koninklike hoofstad (Prijestonica / Приjестоница) erken word.[1]
↑(en) Capital and Old Royal Capital 5. 19 Oktober 2007. Besoek op 4 Augustus 2019. The capital of Montenegro shall be Podgorica, The Old Royal Capital of Montenegro shall be Cetinje.{{cite book}}: |work= ignored (hulp)