Amerikaanse korthaarkat
Amerikaanse korthaarkat | ||||
Herkoms | Europa/VSA | |||
Ontstaan | Natuurlik | |||
Soort lyf | Lank, atleties | |||
Pels | Kort | |||
Patroon | Alle | |||
Wetenskaplike naam | ||||
Felis catus (huiskat) | ||||
|
Die Amerikaanse korthaarkat (Engels: American Shorthair) is ’n katras wat waarskynlik deur vroeë setlaars van Europa na die VSA gebring is.[1]
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Toe die vroeë setlaars van Europa na Amerika gekom het, het hulle katte aan boord van die skepe gehad om die vrag teen muise te beskerm.[2] In Amerika het hulle spesifieke eienskappe ontwikkel om by die nuwe lewe en klimaat aan te pas. Vroeg in die 20ste eeu is ’n selektiewe teelprogram begin om die beste eienskappe na vore te bring.
Beskrywing
[wysig | wysig bron]Die Amerikaanse korthaarkat is ’n baie atletiese kat met ’n groter, skraler liggaamsbou as die Britse korthaarkat. Hulle was aanvanklik bekend as "kortharige huiskatte", maar is in 1966 hernoem om dit te onderskei van ander korthaarrasse.
Die katte is gesond, liefdevol en sosiaal. Mannetjies is heelwat groter as wyfies. Daar is meer as 80 verskillende kleure en patrone wat wissel van skilpaddop tot wit en van rookkleurig tot kamee. Die bekendste kleur is deesdae die silwer gestreepte kat – met digte swart strepe op ’n silwer agtergrond.
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Stephens, Gloria; Yamazaki, Tetsu (2001). Legacy of the Cat (2de uitg.). San Francisco: Chronicle Books. p. 49. ISBN 0-8118-2910-3.
- ↑ "argiefkopie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Julie 2015. Besoek op 14 Januarie 2012.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Suider-Afrikaanse standaarde Geargiveer 7 Mei 2013 op Wayback Machine
- Amerikaanse korthaarkat Geargiveer 24 Maart 2012 op Wayback Machine
- Telers
- Amerikaanse Korthaarkatklub
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Amerikaanse korthaarkat.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia