Gaan na inhoud

Ashoka die Grote

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Ashoka die Grote
Chakravartin[1][2]
'n Steen uit die 1ste eeu v.C., wat 'n chakravartin (wêreldheerser) uitbeeld. Waarskynlik is dit 'n uitbeelding van Ashoka.
'n Steen uit die 1ste eeu v.C., wat 'n chakravartin (wêreldheerser) uitbeeld. Waarskynlik is dit 'n uitbeelding van Ashoka.
Vader Bindusara
Moeder Subhadrangī

Ashoka die Grote (ook Ashok)[3] was 'n groot heerser van die Mauryaanse Ryk wat van 268 tot 231 v.C. regeer het.[4] Sy naam beteken "Hy wat deur die gode geliefd is en wat vriendelik met almal is".

Ashoka word dikwels een van Indië se grootste heersers genoem. Ná baie militêre oorwinnings het hy oor 'n paar van die grootste dele van die hedendaagse Indië regeer. Hy het 'n oorlog teen die koninkryk Kalinga geveg, waarin meer as 200000 mense dood is.[5]

Die Ashokaryk.

Omdat Ashoka deur sy wrede oorwinning geskud was, het hy besluit om 'n Boeddhis te word en met vrede sy ryk te regeer. Om dit te doen het hy 'n paar hospitale vir diere en mense geskep. Hy het ook rusgebiede vir moeë reisigers langs paaie geskep en daarna putte in talle dorpe gegrawe; dit is moontlik om 'n lewensbeskrywing oor Ashoka die Grote te skryf omdat daar verskeie inskripsies op rotse en pilare is wat sy lewensloop op 'n akkurate vlak beskryf.

Familie en vroeë lewens

[wysig | wysig bron]

Ashoka was die seun van die vorige Mauryaanse heerser, Bindusara, en sy koningin, Subhadrangī (ook bekend as "Dharma" of "Dhamma").[6] Ashoka het 'n paar ouer broers en susters sowel as een jonger broer, Vitashoka, gehad. As gevolg van sy voorbeeldige intellek en strydvaardigheid is dikwels gesê dat hy die gunstelingkleinseun van sy oupa Chandragupta Maurya was wat sy land teen die strooptogte van Alexander die Grote beskerm het. Volgens die legende het Chandragupta sy swaard weggegooi nadat hy die Mauryaryk vir die Djainistiese monnikelewe verlaat het. Later het Ashoka die swaard gevind en dit by hom gehou.

Ashoka en Boeddhisme

[wysig | wysig bron]

Koning Ashoka is in die meeste Boeddhistiese bewegings (maar veral in die Theravada) as 'n bevorderaar en beskermer van Boeddhisme beskou. Hy is ook voorgehou as 'n voorbeeld van 'n ideale, vredesgesinde en regverdige koning, wat die beste vir sy nasie wou hê.[7]

Die Ashokapilaar by Lumbini, Nepal, die Boeddha se geboorteplek.

In 250 v.C. het die derde Boeddhistiese raadsvergadering onder beskerming van koning Ashoka plaasgevind. Ná die raadsvergadering het hy groepe monnike na verskillende dele in die bekende wêreld gestuur, waaronder die Griekse staat Baktrië, Ladakh, Nepal, Myanmar, Thailand en Sri Lanka, en moontlik ook na Alexandrië (in die huidige Egipte), Antiochië (in die huidige Turkye) en Athene.[8]

Die pilare van Ashoka

[wysig | wysig bron]

Die huldige embleem van Indië is 'n weergawe van die bokant van een van die pilare van koning Ashoka wat in Sarnath geleë is. Daarbenewens bevat die huldige vlag van Indië 'n onderdeel van dieselfde pilaar. Koning Ashoka het hierdie pilare op belangrike plekke in sy ryk laat bou. Daarop was verskeie inskripsies oor sy godsdienstige lewe, sy beleid as koning sowel as hervormings wat deur hom ingestel is. Die godsdienstige inskripsies het meestal praktiese Boeddhistiese leerstellings bevat, maar dit het ook leerstellings van ander godsdienste soos Djainisme en Brahmanisme bevat. In dié inskripsies het koning Ashoka sy volk herinner om godsdienstige verdraagsaamheid te beoefen.

Bronne

[wysig | wysig bron]
  • Singh, Upinder (2008), A history of ancient and early medieval India : from the Stone Age to the 12th century, New Delhi: Pearson Longman, ISBN 978-81-317-1120-0, https://books.google.co.in/books?id=GW5Gx0HSXKUC 
  • Ahir, D. C. (1995). Aśoka the Great. Delhi: B. R. Publishing.
  • Bhandarkar, D.R. (1969). Aśoka (4th uitg.). Calcutta: Calcutta University Press.
  • Bongard-Levin, G. M. Mauryan India (Stosius Inc/Advent Books Division May 1986) ISBN 0-86590-826-5
  • Chauhan, Gian Chand (2004). Origin and Growth of Feudalism in Early India: From the Mauryas to AD 650. Munshiram Manoharlal, Delhi. ISBN 978-81-215-1028-8
  • Durant, Will (1935). Our Oriental Heritage. New York: Simon and Schuster.
  • Falk, Harry. Aśokan Sites and Artefacts – A Source-book with Bibliography (Mainz : Philipp von Zabern, [2006]) ISBN 978-3-8053-3712-0
  • Gokhale, Balkrishna Govind (1996). Aśoka Maurya (Twayne Publishers) ISBN 978-0-8290-1735-9
  • Hultzsch, Eugene (1914). The Date of Aśoka, The Journal of the Royal Asiatic Society of Great Britain and Ireland (Oct. 1914), pp. 943–951. Article stable URL.
  • Keay, John. India: A History (Grove Press; 1 Grove Pr edition 10 May 2001) ISBN 0-8021-3797-0
  • Li Rongxi, trans. (1993). The biographical scripture of King Aśoka / transl. from the Chinese of Saṃghapāla, Berkeley, CA: Numata Center for Buddhist Translation and Research, ISBN 0-9625618-4-3.
  • Mookerji, Radhakumud (1962). Aśoka (3rd uitg.). Delhi: Motilal Banarsidas.
  • Nikam, N. A.; McKeon, Richard (1959). The Edicts of Aśoka. Chicago: University of Chicago Press.
  • Sastri, K. A. Nilakanta (1967). Age of the Nandas and Mauryas. Reprint: 1996, Motilal Banarsidass, Delhi. ISBN 978-81-208-0466-1
  • Seneviratna, Anuradha (ed.), Gombrich, Richard; Guruge, Ananda (1994). King Aśoka and Buddhism: Historical and Literary studies, Kandy: Sri Lanka; Buddhist Publication Society, 1st edition, ISBN 9552400651
  • Singh, Upinder (2012). "Governing the State and the Self: Political Philosophy and Practice in the Edicts of Aśoka", South Asian Studies, 28:2 (University of Delhi: 2012), pp. 131–145. Article stable URL.
  • Swearer, Donald. Buddhism and Society in Southeast Asia (Chambersburg, Pennsylvania: Anima Books, 1981) ISBN 0-89012-023-4
  • Thapar, Romila. (1973). Aśoka and the decline of the Mauryas. 2nd Edition. Oxford University Press, Reprint, 1980. SBN 19-660379 6.
  • von Hinüber, Oskar. (2010). "Did Hellenistic Kings Send Letters to Aśoka?" Journal of the American Oriental Society, 130:2 (Freiburg: 2010), pp. 261–266.
  • MacPhail, James Merry: "Aśoka", Calcutta: The Associative Press ; London: Oxford University Press 1918 PDF (5.9 MB)
  • Rice, B. Lewis (1889). Inscriptions at Sravana Belgola : a chief seat of the Jains. Bangalore: Mysore Govt. Central Press. {{cite book}}: Check |first= value (hulp); Ongeldige |ref=harv (hulp)

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Lars Fogelin (1 April 2015). An Archaeological History of Indian Buddhism. Oxford University Press. pp. 81–. ISBN 978-0-19-994823-9.
  2. Fred Kleiner (1 Januarie 2015). Gardner’s Art through the Ages: A Global History. Cengage Learning. pp. 474–. ISBN 978-1-305-54484-0.
  3. Chandra, Amulya (14 Mei 2015). "Ashoka | biography – emperor of India" (in Engels). Britannica.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 April 2020. Besoek op 9 Augustus 2015.
  4. Thapur (1973), p. 51.
  5. Jerry Bentley, Old World Encounters: Cross-Cultural Contacts and Exchanges in Pre-Modern Times (New York: Oxford University Press, 1993), 44.
  6. Basham, A. L. (1981),History And Doctrines of the Ajivikas A Vanished Indian Religion, New Delhi: Motilal Banarsidass
  7. Buckley, Edmund. Universal Religion. Chicago: The University Association. pp. 272–. ISBN 978-1-4400-8300-6.
  8. Strong, John (2007). Relics of the Buddha. Motilal Banarsidass Publishers. pp. 136–137. ISBN 978-81-208-3139-1.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]