Fiat CR.42
Fiat CR.42 | |
---|---|
Tipe | Vegvliegtuig |
Vervaardiger | Fiat |
Ontwerp deur | Celestino Rosatelli |
Nooiensvlug | 23 Mei 1938 |
Bekendstelling | 1939 |
Onttrek | 1948 |
Status | Uit diens onttrek. |
Hoofgebruikers | Italiaanse Lugmag Spaanse Lugmag |
Vervaardig | Februarie 1939 - Laat 1943 |
Aantal gebou | 1 819 |
Ontwikkel van | Fiat CR.32 |
Die Fiat CR.42 (Falco) is 'n Italiaanse dubbeldekkervliegtuig wat diens gedoen het in die Tweede Wêreldoorlog. Dit was egter reeds verouderd toe dit in diens gestel is. Die Italiaanse Lugvaartministerie het geglo dat daar nog ruimte was vir dubbeldekkervegters. Hulle was beïndruk met die vorige Fiat CR.32 se prestasie in die Spaanse Burgeroorlog en het aangedring op 'n verbeterde vliegtuig. Op daardie stadium was die standaardvegter van metaal, monovlerk en met geslote kajuite.
Die Fiat CR.42 is aan die Italiaanse Lugmag afgelewer, asook aan Swede, België en Hongarye. Toe Italië by die oorlog aansluit, het hulle hul bomwerpers oor Frankryk ontplooi. Maar op 11 November 1940 het Britse Hawker Hurricane's egter die vliegtuie aan flarde geskiet.
Tegniese besonderhede
[wysig | wysig bron]Item | Statistiek |
---|---|
Aantal motore | 1 |
Tipe motor | Skroef |
Vervaardiger | Fiat A.74 R1C 14-silinder stermotor |
Kraglewering per motor | 840 perdekrag |
Vlerkspan | 9,7 m |
Lengte | 8,27 m |
Hoogte | 3,59 m |
Vlerkoppervlakte | 22,4 m2 |
Maks. opstygmassa | 2 298 kg |
Maks. snelheid | 430 km/h |
Operasionele hoogte | 10 200 m |
Togafstand | 775 km |
Klimvermoë | 6 000 m in 8 minute en 40 sekondes |
Bewapening | Twee 12,7 mm masjiengewere |
Sien ook
[wysig | wysig bron]Bron
[wysig | wysig bron]- Crosby, Francis: THE WORLD ENCYCLOPEDIA OF FIGHTERS & BOMBERS. 2015. ISBN 978-1-84476-917-9