Gaan na inhoud

Ho

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Ho
𑢹𑣉𑣉 𑣎𑣋𑣜, हो जगर, ହୋ ଜଗର, hōō jagara 
Uitspraak: [hoː ʤɐgɐr]
Gepraat in: Vlag van Indië Indië 
Gebied: Suid-Asië
Totale sprekers: 1,4 miljoen[1]
Taalfamilie: Austro-Asiaties
 Moenda
  Noord-Moenda
   Kherwariaans
    Moendaries
     Ho 
Skrifstelsel: Warang Citi-alfabet (amptelik)
Devanagari
Latynse alfabet
Odia-alfabet
Telugu-alfabet 
Amptelike status
Amptelike taal in: Vlag van Indië Indië
Gereguleer deur: geen
Taalkodes
ISO 639-1: geen
ISO 639-2:
ISO 639-3: hoc 
Verspreiding van Moenda-tale, waaronder Ho

Ho (𑢹𑣉𑣉 𑣎𑣋𑣜, हो जगर, ହୋ ଜଗର, hōō jagara, [hoː ʤɐgɐr]) is 'n Austro-Asiatiese taal wat deur sowat 1,4 miljoen mense in Oos-Indië gepraat word. Ho word amptelik met die Warang Citi-alfabet geskryf, terwyl soms ook Devanagari, die Latynse alfabet, die Odia-alfabet of die Telugu-alfabet gebruik word. Die naam "Ho" is afgelei van die inheemse woord "𑣙𑣉𑣉" ([hoː]) en beteken "mens".[2]

Die woord "hōō jagara" in die Warang Citi-alfabet

Ho is een van die mees gesproke Austro-Asiatiese tale en een van die belangrikste van dié taalfamilie in Suid-Asië. Dit is verwant aan Moendari en Santali, al drie vorm die amptelike tale van die Indiese deelstaat Jharkhand. Daarbenewens word Ho in die Indiese deelstate Assam, Bihar, Chhattisgarh, Orissa en Wes-Bengale gepraat.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. (en) "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Ho". Ethnologue. Besoek op 19 Maart 2021.
  2. (en) "Ho Web Sketch: Ho writing" (PDF). Livingtongues.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 17 Maart 2016. Besoek op 19 Maart 2015.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]