Kaapse Regeringspoorweë
Voorkoms
Die Kaapse Regeringspoorweë (Engels: Cape Government Railways (CGR)) was van 1874 tot 1910 die spoorwegoperateur in staatsbesit in die Kaapkolonie, totdat dit saamgesmelt het met die Natalse Regeringspoorweë en die Sentraal-Suid-Afrikaanse Spoorweë om die Suid-Afrikaanse Spoorweë (South African Railways (SAR)) in 1912 te vorm.
Na die ontdekking van goud in die Zuid-Afrikaansche Republiek in 1886, het die regerings van die Kaapkolonie en Oranje-Vrystaat ooreengekom dat die Kaapse Regeringspoorweë 'n spoorlyn deur die OVS tot in snelgroeiende Johannesburg sal bou en bedryf. Hierdie spoorlyn het Bloemfontein, die hoofstad van die OVS, in 1890 bereik, en die spoorverbinding tussen Kaapstad en Johannesburg was vanaf 1892 operasioneel.