Melanesië
Melanesië (afgelei van Grieks: μέλας mélas vir "swart" en νῆσος nêsos vir "eiland", letterlik: "eilande van swartes" of "eilande van swart mense") is 'n eilandgroep in die Stille Oseaan in die gebied Oseanië en lê in die suidooste van die Filippyne, in die ooste van Indonesië, in die noordooste van Australië en in die noorde van Nieu-Seeland. Melanesië beslaan 'n oppervlakte van 940 000 km² en het 'n bevolking van sowat tien miljoen. Melanesië, Mikronesië en Polinesië vorm saam Oseanië.[1]
Die streek sluit die vyf onafhanklike lande Fidji, Vanuatu, Salomonseilande, Papoea-Nieu-Guinee en Oos-Timor, maar ook die Franse oorsese gebied Nieu-Kaledonië en dele van Indonesië – veral die westelike Nieu-Guinee, Oos-Nusa Tenggara en Maluku in. Die grootste deel van die streek lê in die Suidelike Halfrond, terwyl Noord-Maluku en baie kleiner eilande van Wes-Nieu-Guinee in die Noordelike Halfrond is. Die grootste eilande is Nieu-Guinee, Fidji se twee hoofeilande Viti Levu en Vanua Levu, Nieu-Kaledonië se Grande Terre, asook Bougainville, Nieu-Brittanje en Nieu-Ierland wat almal tot Papoea-Nieu-Guinee behoort.
Die term Melanesië (in Frans: Mélanésie) is in 1832 vir die eerste keer deur Jules Dumont d'Urville gebruik om in etniese en geografiese opsig na 'n eilandgroep te verwys wie se inwoners, volgens hom, van dié van Mikronesië en Polinesië verskil. Die onderskeiding is later as foutief bewys, aangesien al drie gebiede deur inheemse Austronesiese volke bewoon word wat Austronesiese tale besig.
Ligging | Vlag | Land | Hoofstad | Oppervlakte (km²) | Bevolking |
---|---|---|---|---|---|
Fidji | Suva | 18 274 | 849 000 | ||
Nieu-Kaledonië (Frankryk) |
Nouméa | 18 575,5 | 245 580 | ||
Papoea-Nieu-Guinee | Port Moresby | 462 840 | 6 732 000 | ||
Salomonseilande | Honiara | 28 400 | 523 000 | ||
Vanuatu | Port Vila | 12 190 | 243 304 | ||
Wes-Nieu-Guinee (Indonesië) |
Port Numbay | 421 981 | 2 930 000 |
Verwysings
[wysig | wysig bron]Verdere leesstof
[wysig | wysig bron]- (en) Kirch, Patrick Vinton (2001). On the Road of the Winds: An Archaeological History of the Pacific Islands Before European Contact. University of California Press. ISBN 978-0-520-92896-1.
{{cite book}}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp) - (en) Lal, Brij V.; Fortune, Kate (2000). The Pacific Islands: An Encyclopedia. University of Hawaii Press. ISBN 978-0-8248-2265-1.
{{cite book}}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp)
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Melanesië. |
- (en) Toerisme-inligting oor Melanesië op Wikivoyage
- (en) "Melanesian culture". Encyclopædia Britannica. Besoek op 14 Mei 2020.
Gebiede van die Wêreld | |||||||||||||||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
|
| ||||||||||||||||||||||||
Sien ook Kontinente van die wêreld |