Nikkelsulfied
Voorkoms
Nikkelsulfiede is chemiese verbindings van nikkel en swawel.
Daar is heelparty vastestowwe wat nikkelsulfiede genoem kan word. Die fasediagram van Okamoto wys agt:
- NiS -- nikkelmonosulfied, nikkel(II)sulfied of dikwels eenvoudig nikkelsulfied, wat ook as die mineraal milleriet bekend is. Dit het 'n romboëdriese struktuur wat die argetipe van die B13-struktuur van die strukturbericht-klassifikasie is.
- Die δ-fase, wat 'n nie-stoigiometriese hoëtemperatuurweergawe hiervan is. Dit is heksagonaal en het die B8₁ - nikkelien-struktuur.
Fases wat ryker aan nikkel is:
- Ni3S2 nikkelsubsulfied, trinikkledisulfied; as mineraal: hazelwoodiet.
- die β-fase; wat 'n nie-stoigiometriese hoëtemperatuurweergawe hiervan is
- Ni9S8; die mineraal godlevskiet. Godlevskite is ortorombies (C222: 9,3359; 11,2185; 9,4300 A)[2]
- Ni7S6; 'n hoëtemperatuurfase
Fases wat ryker aan swawel is:
- Ni3S4 - bekend as die mineraal polydymiet. Dit het 'n spinelstruktuur.
- NiS2 - 'n fase met piriet-struktuur.