Gaan na inhoud

Oesbekistan

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Oezbekistan)
Republiek Oesbekistan
  • Ўзбекистон Республикаси  (Oesbekies)
Vlag van Oesbekistan Embleem van Oesbekistan
Vlag Embleem
Volkslied:
O'zbekiston Respublikasining Davlat Madhiyasi
Ligging van Oesbekistan
Hoofstad Tasjkent

41°16′N 69°13′O / 41.267°N 69.217°O / 41.267; 69.217

Grootste stad Tasjkent
Amptelike tale Oesbekies
Regering Unitêre presidensiële
republiek
Shawkat Mirziyoyef
Abdulla Oripof
Onafhanklikheid
Onafhanklikheid
• Vorming
Oesbekiese SSR
• Verklaar
• Erken
• Bereik

van die Sowjetunie
1747
27 Oktober 1924
1 September 1991
8 Desember 1991
25 Desember 1991
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
448 978 km2  (56ste)
172 742 myl2
4,9
Bevolking
 - 2016-skatting
 - Digtheid
 
31 576 400[1][2] (41ste)
70,3 / km2 (136ste)
182,8 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2016-skatting

$198,823 miljard[3] (62ste)
$6 343[3] (125ste)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2016-skatting

$76,485 miljard[3] (70ste)
$2 440[3] (130ste)

MOI (2014) Steady 0,675[4] (114de)  –  medium
Gini (2003) 36,8(95ste) –  medium
Geldeenheid Som (UZS)
Tydsone
 - Somertyd
UZT (UTC+5)
nie toegepas nie (UTC+5)
Internet-TLD .uz
Skakelkode +998

Oesbekistan of Oezbekistan, amptelik die Republiek van Oesbekistan (Oesbekies: Oʻzbekiston Respublikasi, Ўзбекистон Республикаси), is 'n landingeslote land in Sentraal-Asië, wat van 1924 tot 1991 by die armste republieke van die Sowjetunie gereken is. Sy hoofstad en grootste stad is Tasjkent (Oesbekies: Tosjkent) met 'n bevolking van 2 229 400 in 2005. Danksy 'n uitgestrekte besproeiingsstelsel waas die republiek die Sowjetunie se vernaamste verskaffer van katoen.

Nasa-Satellietbeeld van Oesbekistan

In 1991 is die bevolking teensinnig om die onafhanklikheid van Rusland te aanvaar; lidmaatskap in 'n statebond met Rusland word veral om ekonomiese redes as voordelig beskou. Die ekonomiese agteruitgang skep 'n groot probleem vir die regering; tydens die Sowjetse heerskappy vind nog 'n grootskaalse industrialisering nog 'n russifisering plaas. Die regering tree gereeld met geweld teen die opposisie en Islamitiese fundamentaliste op. In Mei 2005 sterf meer as 1 000 betogers en soldate, nadat onluste in die stad Andisjan uitbreek.

Demografie

[wysig | wysig bron]
Kaart van Oesbekistan

Sowat 75 persent van die bevolking is Oesbeke, ses persent is Russe, vyf persent Tadjiks en vier persent Kasakke. 74,3 persent van die bevolking praat Oesbekies ('n Turkse taal) en 14 persent Russies. 88 persent van die Oesbeke is aanhangers van die Islam, nege persent is Ortodokse Christene.

Protestantisme

[wysig | wysig bron]

Protestante maak minder as 1% van die bevolking van Oesbekistan uit. Die Evangelies-Lutherse Kerk in Oesbekistan is 'n kerk met sewe gemeentes. Die biskop se setel is in Tasjkent en die sinode se voorsitter is Gilda Raspopowa. Nuwe gemeentes mag nie gestig word nie, maar daar bestaan wel huiskerke van Oesbeke. Duisende Oesbeke het na 1991 die Christengeloof aangeneem. Christene word egter baie negatief voorgestel en word beskou as lede van 'n ekstreme kultus. In 2006 is 'n wet gepromulgeer wat 3 jaar gevangenestraf voorskryf vir die druk van godsdienstige boeke. Die regering vervolg Christene ekstensief, en in afgeleë streke word ook sterk druk op Christene geplaas uit Islamitiese oorde.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. (ru) "Official population 1 January 2016". Stat.uz. 16 Maart 2015. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Mei 2016. Besoek op 14 Desember 2016.
  2. (ru) "ru:Численность населения Узбекистана превысила 31,57 млн. человек". Uzreport.com. 23 Maart 2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Maart 2016. Besoek op 14 Desember 2016.
  3. 3,0 3,1 3,2 3,3 (en) "Uzbekistan". Internasionale Monetêre Fonds. Besoek op 13 Augustus 2014.
  4. (en) "2015 Human Development Report" (PDF). United Nations Development Programme. 2015. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 19 Mei 2020. Besoek op 15 Desember 2015.

Bronnelys

[wysig | wysig bron]
Protestantisme

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]