Gaan na inhoud

Portaal:Sport

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Wikipedia-portale: Musiek · Letterkunde · Sport · Geografie · Geologie · Geskiedenis · Fisika · Chemie · Biologie · Sterrekunde · Krieket · Rugby · Vlae en wapens


Welkom by Wikipedia se portaal vir sport. Sport is 'n fisieke (byvoorbeeld rugby) of denkspel (byvoorbeeld skaak) wat in kompetisieverband gespeel kan word. Sport kan ook vir ontspanning beoefen word. Alle sporte het reëls wat nagekom moet word. Die beoefening van sport kan mens aktief en gesond hou, vandaar die slagspreuk: 'n Gesonde liggaam huisves ‘n gesonde gees.


Uitgesoekte artikel


Kenteken van die T20I-wêreldbeker 2021.

Die T20I-wêreldbeker 2021 (Engels: 2021 ICC Men's T20 World Cup) is van 17 Oktober tot 14 November 2021 in Oman en die Verenigde Arabiese Emirate beslis. Dit was die sewende T20I-wêreldbeker in T20I-krieket wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied is. Dit was die eerste toernooi wat amptelik T20I-wêreldbeker genoem is, met al die vorige toernooie waarna as Wêreldtwintig20 verwys is. Dié toernooi sou oorspronklik van 18 Oktober tot en met 15 November 2020 in Australië aangebied word, met Indië as die nuwe gasheer, terwyl die volgende T20I-wêreldbeker 2022 aan Australië toegewys is. As gevolg van die pandemiesituasie in Indië is die 2021-toernooi in Junie 2021 na Oman en die Verenigde Arabiese Emirate verskuif, met 17 Oktober tot 14 November as die nuwe datums. Ná die 2012-toernooi in Sri Lanka, die 2014-toernooi in Bangladesj en die 2016-toernooi in Indië was dit die vierde agtereenvolgende T20I-wêreldbekertoernooi wat deur Asiatiese lande gehou is. Die T20I-wêreldbeker 2021 het vyf en ’n half jaar ná die vorige T20I-wêreldbeker 2016 plaasgevind, die destyds langste pouse tussen twee internasionale kriekettoernooie.

16 nasionale krieketspanne het aan die T20I-wêreldbeker 2021 deelgeneem: Die nege beste toetskrieketlande (Afghanistan, Australië, Bangladesj, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika en Wes-Indië), saam met die wenners van die kwalifisering (Ierland, Namibië, Nederland, Oman, Papoea-Nieu-Guinee en Skotland). Tydens die T20I-wêreldbeker 2021 is 45 wedstryde gespeel, waaronder twaalf in die eerste rondte, 30 in die Super Twaalf en drie in die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die agt beste spanne op die IKR se T20I-ranglys soos op 31 Desember 2018 het aan die Super Twaalf deelgeneem, terwyl die laer geplaasde spanne saam met die kwalifiserende spanne in die eerste rondte gespeel het. Die agt spanne wat aan die eerste rondte deelgeneem het, is in twee groepe van vier spanne elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het. Die twee beste spanne van elke groep het hierna vir die Super Twaalf gekwalifiseer. In die Super Twaalf is die spanne in twee groepe van ses spanne elk verdeel, waarvan die twee beste spanne tot die halfeindrondte gevorder en die wenners van hierdie wedstryde mekaar in die eindstryd ontmoet het.

Australië, Engeland, Nieu-Seeland en Pakistan het vir die halfeindrondte gekwalifiseer. Australië het Pakistan en Nieu-Seeland het Engeland geklop, waardeur twee spanne mekaar in die T20I-wêreldbekereindstryd ontmoet het wat nog nie ’n titel ingepalm het nie. Daarbenewens het vir die eerste keer in dié toernooi se geskiedenis dié twee Oseaniese spanne – en twee van die Suidelike Halfrond – mekaar in die eindstryd ontmoet. Australië het Nieu-Seeland in die eindstryd op die Doebai Internasionale Krieketstadion in Doebai met agt paaltjies verslaan en sodoende sy eerste T20I-wêreldbekertitel ingepalm. Saam met hul oorwinnings tydens die krieketwêreldbekertoernooie in 1987, 1999, 2003, 2007 en 2015 asook tydens die Kampioenetrofeë in 2006 en 2009 was dit Australië se agtste internasionale kriekettitel. Die verdedigende kampioen Wes-Indië en Suid-Afrika is in die Super Twaalf uitgeskakel. Die medegasheer Oman is reeds in die eerste rondte uitgeskakel, terwyl die Verenigde Arabiese Emirate nie vir dié toernooi gekwalifiseer het nie.

...lees verder


Voorbladartikels


’n Engelse rugbyspeler ruk hom los uit ’n harde duikslag deur ’n Australiër
’n Engelse rugbyspeler ruk hom los uit ’n harde duikslag deur ’n Australiër
Nasionale krieketspanne volgens status op die Afrikaanse Wikipedia:

   Voorbladster

   Amper klaar

   Ander artikels

Krieketveld met bouler, die twee kolwers en ’n skeidsregter
Krieketveld met bouler, die twee kolwers en ’n skeidsregter
Nasionale rugbyspanne volgens status op die Afrikaanse Wikipedia:

   Voorbladster

   Amper klaar

   Ander artikels

Afghaanse nasionale krieketspan - All Blacks - Fernando Alonso - Argentynse nasionale rugbyspan - Australiese nasionale krieketspan - Bengaalse nasionale krieketspan - Bermudaanse nasionale krieketspan - Engelse nasionale krieketspan - Engelse nasionale rugbyspan - Roger Federer - Fidjiaanse nasionale rugbyspan - Franse nasionale rugbyspan - Pierre Gasly - Georgiese nasionale rugbyspan - Hongkongse nasionale krieketspan - Ierse nasionale krieketspan - Ierse nasionale rugbyspan - Indiese nasionale krieketspan - Italiaanse nasionale rugbyspan - Japannese nasionale rugbyspan - Kanadese nasionale krieketspan - Kanadese nasionale rugbyspan - Keniaanse nasionale krieketspan - Krieketwêreldbeker 2003 - Krieketwêreldbeker 2007 - Krieketwêreldbeker 2011 - Krieketwêreldbeker 2015 - Krieketwêreldbeker 2019 - Krieketwêreldbeker 2023 - Niki Lauda - Namibiese nasionale krieketspan - Namibiese nasionale rugbyspan - Nederlandse nasionale krieketspan - Nepalese nasionale krieketspan - Nieu-Seelandse nasionale krieketspan - Olimpiese Somerspele 2008 - Olimpiese Somerspele 2012 - Omaanse nasionale krieketspan - Pakistanse nasionale krieketspan - Paralimpiese Somerspele 2008 - Portugese nasionale rugbyspan - Proteas - Roemeense nasionale rugbyspan - Rugby - Rugbywêreldbeker 2003 - Rugbywêreldbeker 2007 - Rugbywêreldbeker 2011 - Rugbywêreldbeker 2015 - Rugbywêreldbeker 2019 - Rugbywêreldbeker 2023 - Samoaanse nasionale rugbyspan - Skaak - Skotse nasionale krieketspan - Skotse nasionale rugbyspan - Springbokke - Sri Lankaanse nasionale krieketspan - T20I-wêreldbeker 2021 - Tafeltennis - Tongaanse nasionale rugbyspan - Uruguaanse nasionale rugbyspan - Verenigde Arabiese Emirate se nasionale krieketspan - Verenigde State se nasionale krieketspan - Verenigde State se nasionale rugbyspan - Wallabies - Walliese nasionale rugbyspan - Wes-Indiese nasionale krieketspan - Zimbabwiese nasionale krieketspan - Zimbabwiese nasionale rugbyspan


Algemeen


Vir elke sportsoort is daar 'n beheerliggaam (op nasionale vlak). Die plaaslike, nasionale en internasionale beheerliggame is verantwoordelik vir al die tegniese vrae en beheer die toernooistelsel. Langs die professionele bestuur is die sportklubs ook streeksgebonde in die plaaslike beheerliggame. Die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (SASKOK) is die beheerliggaam van alle sportsoorte van Suid-Afrika en koördineer die verhouding met verskeie internasionale sportfederasies.


Aanhalings


Sport has the power to change the world. It has the power to inspire. It has the power to unite people in a way that little else does. It speaks to youth in a language they understand. Sport can create hope, where once there was only despair.
— Nelson Mandela


Uitgesoekte span


Kenteken van die Portugese nasionale rugbyspan.

Die Portugese nasionale rugbyspan (Portugees: Seleção Portuguesa de Rugby Union) is die nasionale rugbyspan wat Portugal in internasionale wedstryde (toetswedstryde) verteenwoordig. Dié span se bynaam is Os Lobos (“die wolwe”), ontleen aan die Iberiese wolf. Rugby word in Portugal geadministreer deur die Portugese Rugbyfederasie (Federação Portuguesa de Rugby, FPR) wat in 1926 gestig is. Portugal word deur Wêreldrugby as ’n vlak twee-span erken. Daarmee behoort Portugal tot die beste Europese rugbyspanne naas die Sesnasies. Die Portugese rugbyspan is tans (Augustus 2024) 15de op Wêreldrugby se wêreldranglys gelys.

Portugal het in 1935 sy eerste toetswedstryd teen Spanje gespeel. Portugal het tot dusver vir twee rugbywêreldbekertoernooie gekwalifiseer en in 2023 met die vierde plek in hul groep hul beste prestasie behaal. Hulle het tydens die Europese Rugbykampioenskap een titel ingepalm, twee keer as naaswenner en vier keer in die derde plek geëindig. Die Portugese span speel tradisioneel in rooi truie met wit broeke en rooi sokkies.

...lees verder


Uitgesoekte sportsoort


Standaard skaakstukke. Van links na regs: koning, toring, dame, pion, ruiter en loper.

Skaak (Persies: šāh, van Schah, d.i. ‚Koning‘ – dus die naam „die koninklike spel“) is 'n strategiese bordspel vir twee spelers. Die huidige vorm van die spel het in suidelike Europa ontstaan tydens die tweede helfte van die 15de eeu nadat dit ontwikkel het uit soortgelyke en baie ouer spelle met Indiese en Persiese oorsprong. Vandag is skaak een van die gewildste bordspele ter wêreld en word dit deur miljoene mense tuis, in klubs, aanlyn, per pos, en in toernooie gespeel.

Skaak word gespeel op 'n vierkantige bord wat verdeel is in agt rye en agt kolomme, met 64 indiwiduele blokkies wat tradisioneel lig en donker gekleur is. Elke speler het 16 stukke, wat bestaan uit agt pionne, twee torings, twee lopers, twee ruiters, een dame en een koning. Elke stuk skuif op sy eie manier. Die twee kante word onderskei deur kontrasterende kleure. Die doel van die spel is om die koning van die opponent in skaakmat te plaas.

Georganiseerde skaakkompetisies het in die 16de eeu begin en het sedertdien aansienlik ontwikkel. Alhoewel dit nie 'n Olimpiese sport is nie, word skaak wel deur die Internasionale Olimpiese Komitee as 'n sport erken. Die eerste amptelike Wêreldskaakkampioen, Wilhelm Steinitz, het sy titel in 1886 verwerf. Die huidige wêreldkampioen is Magnus Carlsen van Noorweë. Teoretici het sedert die spel se ontstaan uitgebreide skaakstrategieë en taktiek ontwikkel.

Een van die doelstellings van vroeë rekenaarwetenskaplikes was om 'n skaakprogram te ontwikkel. Hedendaagse skaak word sterk beïnvloed deur die vermoëns van skaakprogramme en die vermoë om aanlyn teen ander spelers te speel. In 1997 het Deep Blue die eerste rekenaar geword om 'n heersende skaakkampioen te verslaan in 'n wedstryd waarin dit teen Garri Kasparof gewen het.

Die woord skaak kom van die Persiese woord sjah, wat koning beteken. Ook die woord mat is Persies en beteken hulpeloos.

...lees verder


Sportnuus


Kenteken van die Olimpiese Somerspele 2024
Kenteken van die Olimpiese Somerspele 2024


Uitgesoekte biografie


Pierre Gasly in Maleisië, 2017

Pierre Gasly (gebore te Rouen, 7 Februarie 1996) is 'n Franse Formule 1-motorrenjaer wat tans vir die Scuderia AlphaTauri-span deelneem. Hy is die GP2-reekskampioen in 2016, en die naaswenner in die 2014 Formule Renault 3.5-reeks en die 2017 Super Formule-kampioenskap.

Hy maak sy Formule 1-debuut in die 2017 Formule Een-seisoen by die Scuderia Toro Rosso tydens die Maleisiese Grand Prix as plaasvervanger vir Daniil Kvyat. Hy het in 2019 na Red Bull Racing verskuif voor hy terug is Torro Rosso toe nadat hy tussen die Hongaarse en Belgiese ronde met Alexander Albon omgeruil is, as spanmaat van Kvyat. Gasly behaal sy eerste Formule Een-oorwinning tydens die Italiaanse Grand Prix in 2020 terwyl hy vir AlphaTauri jaag.

Gasly was gekontrakteer om vir Red Bull Racing vir die 2019-seisoen te jaag, saam met Max Verstappen ná die vertrek van Daniel Ricciardo na Renault.

Gasly is deur AlphaTauri behou vir 2021, met spanmaat die Japannese nuweling Yuki Tsunoda. Hy kwalifiseer vyfde vir die seisoenopener in Bahrein, maar bots met Daniel Ricciardo en val uit die wedren. Hy het toe punte by die volgende ses wedrenne aangeteken, insluitend sy derde loopbaanpodium by die 2021 Azerbeidjanse Grand Prix. By die Italiaanse Grand Prix val Gasly uit in die naelloop-kwalifisering nadat hy met Ricciardo kontak gemaak het en sy voorvlerk onder die wiele vasgedruk het.

Gasly het in 2022 voortgegaan om saam met Tsunoda vir AlphaTauri te jaag.

Gasly het 'n meerjarige kontrak onderteken om in 2023 vir Alpine te jaag, saam met mede-Fransman en voormalige karting-mededinger Esteban Ocon. AlphaTauri het Gasly toegelaat om by Alpine aan te sluit vir die na-seisoen toetse onmiddellik na die 2022 Aboe Dhabi Grand Prix.

...lees verder


Het u geweet...


...dat die vyf gewildste televisie-uitsendings almal sportprogramme is? Die Olimpiese Somerspele, Sokker-Wêreldbekertoernooie, Krieketwêreldbekertoernooie, Rugbywêreldbekertoernooie en Formule Een is die vyf programme wat die grootste kykertalle lok.

...dat ’n groot aantal immigrante uit Cornwall in myne in Suid-Afrika kom werk het? Die tinmyners het op die goudmyne in die ZAR gewerk en onder andere 'n rol gespeel in die vestiging van rugby as ’n sport in Suid-Afrika.

...dat die Namibiër Rudie van Vuuren die eerste (en enigste) man is wat in dieselfde jaar in twee sportsoorte, krieket en rugby, aan ’n wêreldbekertoernooi deelgeneem het? Hy het sy land tydens beide die Krieketwêreldbeker 2003 en die Rugbywêreldbeker 2003 verteenwoordig.

...dat die doelhok in sokker 2,44 meter hoog en 7,32 meter wyd is?

...dat daar in toetskrieket sedert 1877 slegs twee gelykopuitslae was en die Australiese nasionale span in albei gespeel het?


Uitgesoekte beeld


Juuso Pykälistö van Finland in sy Peugeot 206 WRC tydens die 2003 Sweedse Tydren.


Sport in hierdie jaar


Sport in 2024:


Sport volgens jaar


2000  • 2001  • 2002  • 2003  • 2004
2005  • 2006  • 2007  • 2008  • 2009
2010  • 2011  • 2012  • 2013  • 2014
2015  • 2016  • 2017  • 2018  • 2019
2020  • 2021  • 2022  • 2023  • 2024
2025  • 2026  • 2027  • 2028  • 2029


Verwante portale

Kategorieë

Ontdek...


Armdruk  • Atletiek  • Padwedloop  • Basketbal  • Bofbal  • Boks  • Ysskaats  • Boogskiet  • Driekamp  • Duik  • Fietsry  • Ballet  • Gewigoptel  • Gesinchroniseerde swem  • Gholf  • Gimnastiek  • Handbal  • Hokkie  • Jag  • Judo  • Kanovaart  • Karate  • Kegelbal  • Krieket  • Motorsport  • Muurbal  • Netbal  • Pluimbal  • Roei  • Rolbal  • Rolstoelrugby  • Rugby  • Ruitersport  • Sagtebal  • Seil  • Skaak  • Skerm  • Ski  • Skyfskiet  • Sneeuplankry  • Sokker  • Stoei  • Swem  • Tafeltennis  • Taekwondo  • Tennis  • Vlugbal  • Waterpolo