Pous Soter
Pous Soter | |
---|---|
Geboortenaam | Soter |
Pontifikaat begin | 162 of 168 |
Pontifikaat eindig | 170 of 177 |
Voorganger | Anicetus |
Opvolger | Eleuterus |
Gebore | Fondi, Kampanië, Italië |
Sterf | 170 of 177 Rome, Italië |
Soter was die twaalfde pous van die Rooms-Katolieke Kerk.
Biografie
[wysig | wysig bron]Pous Soter(us)[1] is gebore in die dorp Fondi in Campanië, maar sy geboortedatum is onbekend. In 162 of 168 volg hy Pous Anicetus op en word in 170 of 177 na sy dood opgevolg deur Pous Eleuterus. Die naam ‘Soter’ beteken redder, verlosser of heiland.
Pontifikaat
[wysig | wysig bron]Pous Soter staan bekend as die ‘pous van die liefdadigheid’. Hy het met die montaniste te kampe gehad tydens sy bewind. Hy het beslis dat 'n huwelik slegs geldig is as dit deur 'n priester ingeseën is. Hy sit Pous Anicetus se beleid voort met die jaarlikse viering van die Paasfees in Rome.
Verering
[wysig | wysig bron]Pous Soter is gemartel tydens die christenvervolging onder Markus Aurelius en word as heilige vereer, sy feesdag is op 22 April. Hy is begrawe in die Callixtus katakombe in Rome.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Soter, Saint. (2008). Encyclopædia Britannica. Deluxe Edition. Chicago: Encyclopædia Britannica.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Soterius. |
- CE Inskrywing in die Catholic Encyclopedia (Engels)
- BBKL Inskrywing (met Literatuurverwysings) in die Biographisch-Bibliographisches Kirchenlexikon (Duits)
Nota
[wysig | wysig bron]Saamgestel uit die Nederlandse, Engelse en Duitse wiki.
Opvolging
[wysig | wysig bron]Voorafgegaan deur Anicetus |
Biskop van Rome 166 – 174 |
Opgevolg deur Eleuterus |