President van Namibië
Die President van Namibië (Engels: President of the Republic of Namibia) is volgens die Namibiese grondwet die staatshoof van die Republiek van Namibië. Die president word direk deur die volk vir 'n termyn van vyf jaar verkies en vereis 50 persent plus een van die stemme. Volgens die grondwet van Namibië (Artikel 28 2b) word soveel stemmings gehou totdat 'n kandidaat die nodige meerderheid verwerf het.[1] 'n Herverkiesing word slegs een keer toegelaat, maar vir die stigtingspresident Sam Nujoma is as gevolg van 'n grondwetlike wysiging 'n unieke uitsondering gemaak.
Die President stel en verwerp die eerste minister as hoof van die regering en ander ministers en regters. Daarbenewens bepaal die President die riglyne van die beleid en is hoofbevelvoerder van die leër.[2] Die op 28 November 2014 nuutverkose president het vir die eerste keer die voorstelreg vir die verkiesing tot die nuutgeskepte posisie van adjunkpresident.
Vervolging is slegs moontlik op die basis van 'n grondwetlike oortreding of 'n ernstige oortreding van die wette.
Presidente van Namibië sedert 1990
[wysig | wysig bron]- Partye
South West Africa People's Organization (SWAPO)
- Simbole
- † in amp oorlede
# | Portret | Naam (Geboorte-dood) |
Verkies | Ampstermyn | Party | |
---|---|---|---|---|---|---|
1 | Sam Nujoma (* 1929) |
1989 1994 1999 |
21 Maart 1990 | 21 Maart 2005 | SWAPO | |
2 | Hifikepunye Pohamba (* 1935) |
2004 2009 |
21 Maart 2005 | 21 Maart 2015 | SWAPO | |
3 | Hage Geingob (1941–2024) |
2014 2019 |
21 Maart 2015 | 4 Februarie 2024† | SWAPO | |
4 | Nangolo Mbumba (* 1941) |
– | 4 Februarie 2024 | Ampsbekleër | SWAPO |
Sam Nujoma het aan homself die eretitel stamvader van die Namibiese nasie (Engels: Founding Father of the Namibian Nation) verleen.[3]
Verkiesingsuitslae
[wysig | wysig bron]Jaar | Kandidaat, Party | Stemme | Stemaandeel |
---|---|---|---|
1994 | Sam Nujoma, SWAPO | 370 452 | 76,34% |
1999 | Sam Nujoma, SWAPO | 414 096 | 76,82% |
2004 | Hifikepunye Pohamba, SWAPO | 625 605 | 76,45% |
2009 | Hifikepunye Pohamba, SWAPO | 611 241 | 75,25% |
2014 | Hage Geingob, SWAPO | 772 528 | 86,73% |
2019 | Hage Geingob, SWAPO | 464 703 | 56,3% |
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) Namibia’s constitution, democracy and the electoral process. Geargiveer 23 Oktober 2014 op Wayback Machine Gerhard Tötemeyer, Windhoek 2010, bl. 296
- ↑ (de) "Länderinformationsportal Namibia". Internationale Weiterbildung und Entwicklung gGmbH. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Augustus 2011. Besoek op 20 Mei 2009.
- ↑ (en) Government Gazette van Namibië 29 Desember 2005
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met President van Namibië. |
Presidente van Namibië | ||
1990– | Sam Nujoma | Hifikepunye Pohamba | Hage Geingob | Nangolo Mbumba |