Ram (sterreteken)
Die Ram (Lat: Aries) is die Westerse astrologiese teken van mense wat tussen ongeveer 21 Maart en 20 April gebore is. Dit is die eerste teken van die Diereriem.
Die Ram is een van die drie vuurtekens. Dis ’n manlike, positiewe, ekstroverte teken en is vergelykbaar met die Draak van die Chinese Diereriem.[1] Die tradisionele heerser van die Ram is Mars.
Ramme kom volgens die astrologie goed oor die weg met Leeus en Boogskutters.
Agtergrond
[wysig | wysig bron]Jou son- of sterreteken het betrekking op die stand van die Son tydens jou geboorte. Astroloë verdeel die Diereriem, die denkbeeldige gordel aan die hemelruim waarlangs die planete beweeg, in twaalf dele: die son- of sterretekens. Die "sterrebeelde" is eintlik die astronomiese konstellasies aan die hemelruim en kom weens die presessie van die nageweningspunte nie meer ooreen met die twaalf tekens wat in die astrologie gebruik word nie.
Bekende Ramme
[wysig | wysig bron]- Sailor Malan, Suid-Afrikaanse vegvlieënier
- Heinz Winckler, Suid-Afrikaanse sanger
- Louis L'Amour, Amerikaanse skrywer
- Georges de Villebois-Mareuil, Franse krygsman
- Sarah Bernhardt, Franse aktrise
- Dozi, Suid-Afrikaanse sanger
- Alfred Milner, Britse politikus
- William Nicol, Suid-Afrikaanse predikant en administrateur
- Fredi Nest, Suid-Afrikaanse sanger
- Hennie Muller, Suid-Afrikaanse rugbykaptein
- Myburgh Streicher, Suid-Afrikaanse politikus
- Johannes Kerkorrel, Suid-Afrikaanse sanger
- Mariah Carey, Amerikaanse sangeres
- Eric Clapton, Amerikaanse kitaarspeler
- Tracy Chapman, Amerikaanse sangeres
- Céline Dion, Kanadese sangeres
- J.C. Kannemeyer, Suid-Afrikaanse biograaf
- Otto von Bismarck, Duitse staatsman
- Deneys Reitz, Suid-Afrikaanse politikus en skrywer
- James Barry Munnik Hertzog, Suid-Afrikaanse staatsman
- Marlon Brando, Amerikaanse akteur
- Henry Fagan, Suid-Afrikaanse skrywer en politikus
- Heath Ledger, Australiese akteur
- Gerhard Schröder, Duitse politikus
- Jacques Brel, Franse liedjieskrywer en sanger
- Ian Smith, Rhodesiese staatsman
- Emily Hobhouse, Britse menseregte-aktivis
- Leopold II van België
- Vladimir Lenin, Sowjet-leier
- Guy Verhofstadt, Belgiese eerste minister
- Thomas Jefferson, Amerikaanse staatsman
- Frans Maritz, Zimbabwiese kerkleier
- Garry Kasparov, Russiese skaakmeester
- Schalk Burger, Suid-Afrikaanse rugbyspeler
- Colin Eglin, Suid-Afrikaanse opposisiepolitikus
- Leonardo da Vinci, Italiaanse kunstenaar en uitvinder
- Pous Benedictus XVI
- Margrethe II van Denemarke
- Adolf Hitler, Duitse leier
Verwysings
[wysig | wysig bron]- Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Nederlandse Wikipedia-artikel nl:Ram (astrologie)
- ↑ Theodora Lau, The Handbook of Chinese Horoscopes, pxxvii, Souvenir Press, Londen, 2005
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Aries (astrology). |
Die Diereriem | ||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Ram | Bul | Tweeling | Kreef | Leeu | Maagd | Weegskaal | Skerpioen | Boogskutter | Steenbok | Waterdraer | Visse | |