Samuel Daniell
Voorkoms
Samuel Daniell | |
---|---|
Gebore | 1775 Chertsey, Surrey, Engeland |
Sterf | 16 Desember 1811 Ceylon |
Nasionaliteit | Verenigde Koninkryk |
Veld | Skildery, tekening, illustrasie |
Werke | Korah-Khoikhoi besig om hulle hutte af te breek om na nuwe weivelde te trek (1805) Khoisan besig om sprinkane te braai (1805) |
Samuel Daniell (1775–1811) was 'n Engelse kunstenaar en reisiger in Suid-Afrika. Hy word sekretaris en tekenaar van 'n ekspedisie wat in 1801 uit Kaapstad vertrek om 'n gebied (tans Botswana) te verken. Daniell het juiste en treffende sketse gemaak en die plaaslike stamme uitgebeeld. In 1804 verskyn sy African Scenery, een van die waardevolste stukke Africana. Hy is in 1811 op Ceylon oorlede. Sy sketsboek oor Suider-Afrikaanse stamme verskyn in 1820 na sy dood.
Fotogalery
[wysig | wysig bron]-
Die kwagga – akwatint in kleur in 1804.
-
'n Boosh-Wannah Hut – akwatint in kleur in 1804.
-
Trekboere maak 'n kamp – akwatint in kleur in 1804.
-
Khoisan besig om sprinkane te braai – akwatint in kleur in 1804.
-
Korah-Khoikhoi besig om hulle hutte af te breek om na nuwe weivelde te trek – akwatint in kleur in 1805.
-
'n Hottentot, 'n Hottentot-vrou, 'n Kaffre, 'n Kaffre-vrou – akwatint in kleur in 1805.
Bronne
[wysig | wysig bron]- Ensiklopedie van Suidelike Afrika, Eric Rosenthal, 1967
- Thomas Sutton: The Daniells : Artists and Travellers. J. Lane: London 1954.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Samuel Daniell.