Saturnus (mitologie)
Voorkoms
Saturnus | |
---|---|
Romeinse god | |
Saturnus, deur Polidoro Caldara da Caravaggio , 16de eeu.
| |
Naam | Saturnus |
God van | die hoofstad, rykdom, landbou, bevryding, en tyd |
Vrou | Ops |
Ouers | Caelus en Terra |
Broers, susters | Janus, Ops |
Kinders | Jupiter, Neptunus, Pluto, Juno, Ceres en Vesta |
Griekse eweknie | Kronos |
Feesdae | die Saturnalieë |
Saturnus was een van die hoof Romeinse gode en die god van landbou en die oes. Hy was in die klassieke antikwiteit geïdentifiseer met die Griekse god Kronos en die mitologie van die twee word gereeld gemeng en verwar.
Saturnus se vrou is die ekwivalent van Rhea en hy was die vader van, onder andere, Ceres, Jupiter en Veritas. Saturnus is ook die naamgenoot van die dag Saterdag. Die planeet Saturnus is ook na hom vernoem - in die antieke tyd was die planeet die verste van die sewe waarneembare planete.