Stephen Harper
Stephen Harper | |
Stephen Harper in 2014 | |
22ste Eerste Minister van Kanada
| |
Ampstermyn 6 Februarie 2006 – 4 November 2015 | |
Monarg | Elizabeth II |
---|---|
Goewerneur-generaal | Michaëlle Jean David Johnston |
Voorafgegaan deur | Paul Martin |
Opgevolg deur | Justin Trudeau |
Leier van die Opposisie
| |
Ampstermyn 20 Maart 2004 – 5 Februarie 2006 | |
Monarg | Elizabeth II |
Eerste minister | Paul Martin |
Voorafgegaan deur | Grant Hill (waarnemend) |
Opgevolg deur | Bill Graham |
Ampstermyn 21 Mei 2002 – 8 Januarie 2004 | |
Monarg | Elizabeth II |
Eerste minister | Jean Chrétien Paul Martin |
Voorafgegaan deur | John Reynolds (waarnemend) |
Opgevolg deur | Grant Hill (waarnemend) |
Leier van die Konserwatiewe Party
| |
Ampstermyn 20 Maart 2004 – 5 November 2015 | |
Voorafgegaan deur | John Lynch-Staunton (interim) |
Opgevolg deur | Rona Ambrose (interim) |
Afgevaardigde in die Federale Parlement van Kanada vir Calgary Heritage
| |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 19 Oktober 2015 | |
Voorafgegaan deur | Kiesafdeling gestig |
Afgevaardigde in die Federale Parlement van Kanada vir Calgary Southwest
| |
Ampstermyn 28 Junie 2002 – 19 Oktober 2015 | |
Voorafgegaan deur | Preston Manning |
Opgevolg deur | Kiesafdeling afgeskaf |
Afgevaardigde in die Federale Parlement van Kanada vir Calgary West
| |
Ampstermyn 25 Oktober 1993 – 2 Junie 1997 | |
Voorafgegaan deur | Jim Hawkes |
Opgevolg deur | Rob Anders |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 30 April 1959 Toronto, Ontario, Kanada |
Politieke party | Konserwatiewe Party |
Eggenoot/-note | Laureen Teskey (getrou in 1993) |
Kind(ers) | Benjamin Rachel |
Alma mater | Universiteit van Calgary |
Religie | Evangelisisme |
Handtekening |
Stephen Joseph Harper (Toronto, Ontario, 30 April 1959) het vanaf 6 Februarie 2006 tot 4 November 2015 as 22ste Eerste Minister van Kanada gedien. Harper is die voorsitter van die Konserwatiewe Party van Kanada. Hy is sedert 1993 getroud en is die vader van twee kinders. Sy party het die federale verkiesing op 23 Januarie 2006 met 37 persent van die stemme gewen. Alhoewel die Konserwatiewe Party vir die eerste keer in dertien jaar weer die sterkste groepering in die parlement geword het, het dit nie oor die absolute meerderheid van setels beskik nie. Stephen Harper het gevolglik die Eerste Minister in 'n minderheidsregering geword.
Politieke profiel
[wysig | wysig bron]Stephen Harper se regse politieke opvattings is meer gewild in die Christelik-plattelandse gebiede van Kanada, terwyl sy Konserwatiewes in die groot metropolitaanse gebiede van Montreal en Toronto geen direkte setels gewen het nie. In die negentigerjare pleit Harper vir die privatisering van die Kanadese gesondheidsdienste. Hy is gekant teen die onlangse uitbreiding van burgerregte soos byvoorbeeld die wetgewing aangaande gay- en lesbiese huwelike en omgewingsbeskermingsmaatreëls soos besluit in die Kyoto-protokol. Harper pleit aanvanklik vir 'n Kanadese betrokkenheid by die Irak-veldtog van die Verenigde State en die Verenigde Koninkryk.
Tydens sy verkiesingsveldtog slaag hy daarin om eerder as 'n gematigde politikus op te tree. Alhoewel hy nou die bestaande gesondheidsorgstelsel ondersteun, word daar verwag dat Kanada se binne- en buitelandse beleid duidelik gaan verander. Harper beoog 'n verligting van belasting en die instelling van toelaes vir gesinne. Nouer bande met die VSA-bewind onder George Walker Bush is net soos die verhoging van militêre uitgawes op sy agenda geplaas.
In November 2006 het Stephen Harper eise vir die onafhanklikheid en selfbeskikking van die Franstalige provinsie Quebec van die hand gewys, maar tegelykertyd beklemtoon dat Quebec 'n "nasie in die boesem van Kanada" (nation au sein du Canada) is.