Transvaalse Provinsiale Raad
Die Transvaalse Provinsiale Raad was die provinsiale raad van Transvaal in Suid-Afrika. Dit het deur die Suid-Afrika-wet van 1909 tot stand gekom en het vanaf die stigting van die Unie van Suid-Afrika op 31 Mei 1910 bestaan. Die eerste verkiesing vir die provinsiale raad het op 15 September 1910 (dieselfde dag as die algemene verkiesing) plaasgevind.[1]
Die provinsiale raad het tot 1986 bestaan, waarna sy funksies na die versterkte uitvoerende mag van die Staatspresident oorgedra is. Die provinsie self het tot 1994 bestaan, waarna die provinsies heringedeel is.
Kiesafdelings
[wysig | wysig bron]Die Transvaalse Provinsiale Raad was volgens kiesafdelings ingedeel. Van die kiesafdelings sluit in: Langlaagte, Lichtenburg, Losberg, Lydenburg, Marico, Potchefstroom, Pretoria-Distrik (Noord), Pretoria-Distrik (Suid), Pretoria-Oos, Pretoria-Wes, Roodepoort, Rustenburg, Standerton, Troyeville, Turffontein, Wakkerstroom, Waterberg en Wolmaransstad.
Bekende lede
[wysig | wysig bron]- Hendrik Prinsloo (1940–1956)
- Clive Derby-Lewis (1972–1981)
- Harry Schwarz (1958–1974) – Opposisieleier
- Douglas Gibson (1970–1986) – Opposisieleier
- Hjalmar Reitz (1877–1946)
- Bertha Solomon (1892–1969)
- Charles Stallard (1871–1971)
- Ferdi Hartzenberg (1936–)
Verkiesingsuitslag volgens party 1936–1981
[wysig | wysig bron]Verkiesing | NP | VP | Arb | PFP | Dom | Onf | vak | Totaal |
---|---|---|---|---|---|---|---|---|
1936 | 2 | 48 | 6 | - | 1 | - | - | 57 [2] |
1943 | 9 | 43 | 12 | - | - | - | - | 64 [3] |
1949 | 34 | 27 | 2 | - | - | 2 | 1 | 66 [4] |
1954 | 45 | 23 | - | - | - | - | - | 68 [5] |
1959 | 48 | 20 | - | - | - | - | - | 68 [6] |
1965 | 51 | 17 | - | - | - | - | - | 68 [7] |
1970 | 54 | 19 | - | - | - | - | - | 73 [8] |
1974 | 61 | 13 | - | 2 | - | - | - | 76 [9] |
1977 | 65 | 1 | - | 10 | - | - | - | 76 [10] |
1981 | 67 | - | - | 9 | - | - | - | 76 [11] |
Sleutel:
- NP: Gesuiwerde Nasionale Party (1936), Herenigde Nasionale Party (1943–1949), Nasionale Party (1954–1981)
- VP: Verenigde Party (1936–1974), Nuwe Republiek Party (1977)
- Arb Arbeidersparty
- PFP: Progressiewe Party (1974), Progressiewe Federale Party (1977–1981)
- Dom Dominiumparty
- Onf Onafhanklike kandidate
- vak Vakante setel
Verdere naleeswerk
[wysig | wysig bron]- Keesing's Contemporary Archives (verskeie volumes)
- South Africa 1982: Official Yearbook of the Republic of South Africa, gepubliseer deur Chris van Rensburg-publikasies
- The South African Constitution, by H.J. May (3de uitgawe 1955, Juta & Co)
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ The Times, uitgawe van 26 Julie 1910 (bevestig die datum van die verkiesing)
- ↑ Keesing's Contemporary Archives 1934–1937, bladsy 2247
- ↑ Keesing's Contemporary Archives 1943–1946, bladsy 6154
- ↑ Keesing's Contemporary Archives 1948–1950, bladsy 9964
- ↑ Keesing's Contemporary Archives 1952–1954, bladsy 13794
- ↑ Keesing's Contemporary Archives 1965–1966, bladsy 20702 (1959 results mentioned with the 1965 results)
- ↑ Keesing's Contemporary Archives 1965–1966, bladsy 20702
- ↑ Keesing's Contemporary Archives 1969–1970, bladsy 24341
- ↑ Keesing's Contemporary Archives 1974, bladsy 26541
- ↑ Keesing's Contemporary Archives 1978, bladsy 28813
- ↑ Keesing's Contemporary Archives 1981, bladsy 30973