Gaan na inhoud

Vedanga

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Die Vedangas (Sanskrit: वेदाङ्ग vedāṅga, "ledemate van die Veda") is ses bykomende dissiplines in Hindoeïsme wat in die antieke tyd ontwikkel het en met die bestudering van die Vedas verband hou.[1][2] Hulle is:[1]

  1. Shiksha (śikṣā): fonetiek, fonologie, uitspraak.[1] Dit fokus op die letters van die Sanskrit-alfabet, aksent, klem, melodie, ens.[3][4]
  2. Chhandas (chandas): Digmaat.[5] Dit folus op digmaat, onder andere dié wat gebaseer is op ’n vaste getal lettergrepe per vers.[6][7]
  3. Vyakarana (vyākaraṇa): grammatika en linguistiese ontleding.[8][9][10] Gaan oor grammatikareëls en ontledings om die presiese vorm van woorde en sinne vas te stel om idees duidelik oor te dra.[11][12]
  4. Nirukta (nirukta): etimologie, verduideliking van woorde, veral dié van argaïese herkoms met ’n onduidelike betekenis.[13][11]
  5. Kalpa (kalpa): rituele instruksies.[1] Dit fokus op die standaardisering van prosedures vir Vediese rituele, asook die regte gedrag en pligte van ’n mens in verskillende stadiums van sy lewe.[14]
  6. Jyotisha (jyotiṣa): Goeie tye vir rituele, astrologie[1] en astronomie.[15][16]

Die Vedangas het hul wortels in antieke tye en die Brihadaranyaka-Upanishad noem hulle ’n integrale deel van die Vediese geskrifte.[17] Hulle kan teruggespeur word na die 2de millennium v.C. Dit is egter nie duidelik waar en wanneer die idee vir ’n lys van ses Vedangas ontstaan het nie.[18]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 James Lochtefeld (2002), "Vedanga" in The Illustrated Encyclopedia of Hinduism, Vol. 1: A-M, Rosen Publishing, ISBN 0-8239-2287-1, ble. 744-745
  2. "Vedanga" (in Engels). Princeton University. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Junie 2017. Besoek op 14 Augustus 2015.
  3. Sures Chandra Banerji (1989). A Companion to Sanskrit Literature. Motilal Banarsidass Publ. pp. 323–324. ISBN 978-81-208-0063-2.
  4. Annette Wilke & Oliver Moebus 2011, pp. 477-495.
  5. James Lochtefeld (2002), "Chandas" in The Illustrated Encyclopedia of Hinduism, Vol. 1: A-M, Rosen Publishing, ISBN 0-8239-2287-1, bl. 140
  6. Annette Wilke & Oliver Moebus 2011, pp. 391-394 met voetnote.
  7. Peter Scharf (2013). Keith Allan (red.). The Oxford Handbook of the History of Linguistics. Oxford University Press. pp. 228–234. ISBN 978-0-19-164344-6.
  8. W. J. Johnson (2009), A Dictionary of Hinduism, Oxford University Press, ISBN 978-0198610250, Article on Vyakarana
  9. Harold G. Coward 1990, p. 105.
  10. James Lochtefeld (2002), "Vyakarana" in The Illustrated Encyclopedia of Hinduism, Vol. 2: N-Z, Rosen Publishing, ISBN 0-8239-2287-1, page 769
  11. 11,0 11,1 Harold G. Coward 1990, pp. 105-110.
  12. Annette Wilke & Oliver Moebus 2011, pp. 416-419.
  13. James Lochtefeld (2002), "Nirukta" in The Illustrated Encyclopedia of Hinduism, Vol. 2: N-Z, Rosen Publishing, ISBN 0-8239-2287-1, page 476
  14. Wendy Doniger (1999). Merriam-Webster's Encyclopedia of World Religions. Merriam-Webster. p. 629. ISBN 978-0-87779-044-0.
  15. Yukio Ohashi (red.: H. Selin) (1997). Encyclopaedia of the History of Science, Technology, and Medicine. Springer. pp. 83–86. ISBN 978-0792340669.
  16. Kireet Joshi (1991). The Veda and Indian Culture: An Introductory Essay. Motilal Banarsidass Publ. ISBN 978-81-208-0889-8.
  17. Friedrich Max Müller (1860). A History of Ancient Sanskrit Literature So Far as it Illustrates the Primitive Religion of the Brahmans. Williams and Norgate. p. 110.
  18. Friedrich Max Müller (1860). A History of Ancient Sanskrit Literature So Far as it Illustrates the Primitive Religion of the Brahmans. Williams and Norgate. pp. 108–113.

Nog bronne

[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]