Lichtenburg
Lichtenburg | |
---|---|
Die hoofstraat van Lichtenburg. | |
Koördinate: 26°09′0″S 26°10′0″O / 26.15000°S 26.16667°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Noordwes |
Distrik | Ngaka Modiri Molema |
Munisipaliteit | Ditsobotla |
Stigting | 1873 |
Regering | |
• Tipe | Deel van 'n Plaaslike Munisipaliteit |
Oppervlak | |
• Totaal | 108,90 km2 (42,05 vk. myl) |
Hoogte | 1 459 m (4 787 ft) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 26 338 |
• Digtheid | 242/km2 (630/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 30.3% |
• Indiërs/Asiërs | 1.9% |
• Bruin mense | 7.9% |
• Swart mense | 59.5% |
• Ander | 0.3% |
Taal (2011) | |
• Tswana | 52.5% |
• Afrikaans | 38.1% |
• Engels | 4.1% |
• Ander | 5.3% |
Poskode (strate) | 2740 |
Poskode (posbusse) | 2740 |
Skakelkode | 018 |
Lichtenburg is 'n dorp in die Noordwesprovinsie van Suid-Afrika.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Die dorp is gestig op die plase Middelbosch en Doornfontein. Die plase is deur Hendrik Greeff, skoonvader van generaal JH De la Rey, aan die Zuid-Afrikaansche Republiek vir die stigting van 'n dorp geskenk. Die naam is gekies in 1873 deur die president van die Zuid-Afrikaansche Republiek Thomas Francois Burgers, en beteken "dorp van lig". Jacobus Voorendyk het op 13 Maart 1926 'n diamant op hulle familieplaas ontdek, en binne twaalf maande was daar 108 000 fortuinsoekers op die toneel.
Godsdiens
[wysig | wysig bron]Vir hoofartikel, sien NG gemeente Lichtenburg.
Die eerste gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk (indertyd bekend as die Nederduitse Hervormde of Gereformeerde Kerk) in die Wes-Transvaal is in 1885 hier gestig waarvan die verste uithoek meer as 110 km van die dorp af was. Die lidmate het skaars 300 getel. Die eerste kerkie is reeds in 1878 opgerig onder leiding van die konsulent, ds. J.P. Jooste van die NG gemeente Potchefstroom. Dertien jaar later, danksy die ywer van Lichtenburg se eerste leraar, ds. H.J.L. du Toit, het die gemeente 'n nuwe klipkerk ingewy.
Tydens die dienstydperk van ds. J.A. Beyers, van 1905 tot 1912 die tweede leraar, is die noordelike gewel laat aanbou. Dit was sy opvolger, ds. J.G. Perold (1913-'19), wat gesorg het vir die verfraaiing van die binneruimte van die kerk deur galerye en nuwe banke te laat aanbring. Die kerk het eers tydens ds. P. du Toit, later armersorg-sekretaris van die Kaapse Kerk, sy huidige voorkoms gekry danksy die oprigting van die toring en die aanbring van die uurwerk. Toe is 'n nuwe orrel ook in gebruik geneem. Tydens ds. Du Toit se bediening het die dorp geweldige verandering ondergaan toe die delwerye in 1926 oopgaan.
Distrik
[wysig | wysig bron]Die distrik beslaan 6 200 km2. Mielies, grondbone en sonneblomsaad is van die belangrikste gewasse wat verbou word. Sement word ook in die omgewing vervaardig.
Bekende inwoners
[wysig | wysig bron]- Lichtenburg was die tuiste van die beroemde Boereleier genl. Koos de la Rey en van die siener Nicholaas van Rensburg.
- Madeleine van Biljon, bekende skryfster en joernalis.
Geboortes
[wysig | wysig bron]- Dawid Roux (1959), fotograaf
Sien ook
[wysig | wysig bron]Bronne
[wysig | wysig bron]- Rosenthal, Eric, Encyclopaedia of Southern Africa, Juta and Company Limited, Kaapstad en Johannesburg, 1978.
- Erasmus, B.P.J. (1995). Op Pad in Suid-Afrika. Jonathan Ball Uitgewers. ISBN 1-86842-026-4.
- Olivier, ds. P.L. (samesteller), Ons gemeentelike feesalbum. Kaapstad en Pretoria: N.G. Kerk-uitgewers, 1952.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Lichtenburg". Sensus 2011.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- (af) (en) Webwerf oor die dorp