Gaan na inhoud

93ste Oscar-toekenningsaand

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
  93ste Oscar-toekenningsaand 

Datum 25 April 2021
Plek Union Station en
Dolby-teater, Hollywood
Pryse & benoemings
Beste rolprent  Nomadland
Beste regisseur  Chloé Zhao
Beste akteur  Anthony Hopkins
Beste aktrise  Frances McDormand
Meeste pryse  Nomadland (3)
Meeste benoemings  Mank (4)

Die 93ste Oscar-toekenningsaand is deur die Academy of Motion Picture Arts and Sciences in Union Station en die Dolby-teater in Hollywood, Los Angeles, gehou om met Oscars, ook bekend as Academy Awards, erkenning te gee aan die rolprente van 2020 en vroeg in 2021.

Dit is op 25 April 2021 gehou – twee maande later as wat aanvanklik beplan is, weens die uitwerking van Covid-19. Daarmee is die tydperk waarin rolprente in aanmerking kon kom tot 28 Februarie uitgestel. Die benoemdes is op 15 Maart 2021 aangekondig.[1] Die Suid-Afrikaanse dokumentêre film, My Octopus Teacher het die toekenning gewen vir die beste dokumentêre film.[2]

Agtergrond

[wysig | wysig bron]

Dit was die vierde keer dat die Oscar-aand uitgestel is en die eerste keer sedert die 6de Oscar-toekenningsaand in 1934 dat rolprente wat in twee verskillende jare uitgereik is, op dieselfde seremonie vir pryse in aanmerking kom.[3]

Anthony Hopkins het op 83 jaar die oudste wenner in enige toneelspelkategorie geword.[4] Frances McDormand was die sewende persoon wat ’n derde Oscar wen, vir haar spel in Nomadland, asook die tweede een wat die prys vir beste aktrise drie keer wen.[5] Dié prent het ook die prys vir beste regisseur gewen: vir Chloé Zhao. As ’n Chinees is sy ook die eerste vrou van kleur wat dié prys wen, en die eerste vrou naas Kathryn Bigelow in 2010 vir The Hurt Locker.[6]

Pryse

[wysig | wysig bron]
Chloé Zhao, beste regisseur
Anthony Hopkins, beste akteur
Frances McDormand, beste aktrise
Daniel Kaluuya, beste manlike byspeler
Youn Yuh-jung, beste vroulike byspeler
Emerald Fennell, beste oorspronklike draaiboek
Thomas Vinterberg, beste internasionale rolprent

Hier volg ’n lys van die belangrikste benoemdes.[7] Die wenners word eerste genoem en is in vet druk.

Beste rolprent Beste regisseur
  • NomadlandMollye Asher, Dan Janvey, Frances McDormand, Peter Spears, Chloé Zhao
    • The Father – Philippe Carcassonne, Jean-Louis Livi, David Parfitt
    • Judas and the Black Messiah – Ryan Coogler, Charles D. King, Shaka King
    • Mank – Ceán Chaffin, Eric Roth, Douglas Urbanski
    • Minari – Christina Oh
    • Promising Young Woman – Ben Browning, Emerald Fennell, Ashley Fox, Josey McNamara
    • Sound of Metal – Bert Hamelinck, Sacha Ben Harroche
    • The Trial of the Chicago 7 – Stuart M. Besser, Marc Platt
  • Chloé Zhao – Nomadland
    • Thomas Vinterberg – Another Round
    • David Fincher – Mank
    • Lee Isaac Chung – Minari
    • Emerald Fennell – Promising Young Woman
Beste akteur Beste aktrise
Beste manlike byspeler Beste vroulike byspeler
Beste oorspronklike draaiboek Beste verwerkte draaiboek
  • Promising Young Woman – Emerald Fennell
    • Judas and the Black Messiah – Draaiboek deur Will Berson en Shaka King; storie deur Berson, King, Kenny en Lucas
    • Minari – Lee Isaac Chung
    • Sound of Metal – Draaiboek deur Abraham Marder en Darius Marder; storie deur Derek Cianfrance en D. Marder
    • The Trial of the Chicago 7 – Aaron Sorkin
  • The Father – Christopher Hampton en Florian Zeller
    • Borat Subsequent Moviefilm – Draaiboek deur Sacha Baron Cohen, Peter Baynham, Jena Friedman, Anthony Hines, Lee Kern, Dan Mazer, Erica Rivinoja en Dan Swimer; storie deur Baron Cohen, Hines, Nina Pedrad en Swimer
    • Nomadland – Chloé Zhao, gebaseer op die boek deur Jessica Bruder
    • One Night in Miami... – Kemp Powers, gebaseer op sy toneelstuk met dieselfde naam
    • The White Tiger – Ramin Bahrani, gebaseer op die roman deur Aravind Adiga
Beste animasieprent Beste buitelandse rolprent
  • Wolfwalkers – Tomm Moore, Stéphan Roelants, Ross Stewart, Paul Young
    • Onward – Dan Scanlon, Kori Rae
    • Over the Moon – Peilin Chou, Glen Keane, Gennie Rin
    • A Shaun the Sheep Movie: Farmageddon – Will Becher, Paul Kewley, Richard Phelan
    • Soul – Pete Docter, Dana Murray
Beste oorspronklike musiek Beste oorspronklike liedjie
  • Soul – Trent Reznor, Atticus Ross, Jon Batiste
    • Da 5 Bloods – Terence Blanchard
    • Mank – Trent Reznor, Atticus Ross
    • Minari – Emile Mosseri
    • News of the World – James Newton Howard
  • "Fight for You" uit Judas and the Black Messiah – D'Mile, H.E.R., Tiara Thomas
    • "Hear My Voice" uit The Trial of the Chicago 7 – Daniel Pemberton, Celeste
    • "Husavik" uit Eurovision Song Contest: The Story of Fire Saga – Rickard Göransson, Fat Max Gsus, Savan Kotecha
    • "Io sì (Seen)" uit The Life Ahead – Diane Warren, Laura Pausini
    • "Speak Now" uit One Night in Miami... – Sam Ashworth, Leslie Odom jr.
Beste produksie-ontwerp Beste kinematografie
  • Mank – Donald Graham Burt, Jan Pascale
    • The Father – Peter Francis, Cathy Featherstone
    • Ma Rainey's Black Bottom – Mark Ricker, Karen O'Hara, Diana Stoughton
    • News of the World – David Crank, Elizabeth Keenan
    • Tenet – Nathan Crowley, Kathy Lucas
  • Mank – Erik Messerschmidt
    • Judas and the Black Messiah – Sean Bobbitt
    • News of the World – Dariusz Wolski
    • Nomadland – Joshua James Richards
    • The Trial of the Chicago 7 – Phedon Papamichael
Beste rolprentredigering Beste visuele effekte
  • Sound of Metal – Mikkel E.G. Nielsen
    • The Father – Yorgos Lamprinos
    • Nomadland – Chloé Zhao
    • Promising Young Woman – Frédéric Thoraval
    • The Trial of the Chicago 7 – Alan Baumgarten
  • Tenet – Scott R. Fisher, Andrew Jackson, David Lee, Andrew Lockley
    • Love and Monsters – Genevieve Camailleri, Brian Cox, Matt Everitt, Matt Sloan
    • The Midnight Sky – Matthew Kasmir, Chris Lawrence, Max Solomon, David Watkins
    • Mulan – Sean Andrew Faden, Steve Ingram, Anders Langlands, Seth Maury
    • The One and Only Ivan – Nick Davis, Greg Fisher, Ben Jones, Santiago Colomo Martinez

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "The Academy and ABC Set April 25, 2021 as New Show Date for 93rd Oscars®". Oscars.org. 15 Junie 2020. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Februarie 2021. Besoek op 5 Februarie 2021.
  2. 2021|Oscars.org
  3. "Oscars Pushed Back to April 25, Eligibility Window Extended". The Hollywood Reporter. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Junie 2020. Besoek op 15 Junie 2020.
  4. Stevens, Matt (26 April 2021). "Anthony Hopkins shocks by winning best actor over Chadwick Boseman". The New York Times (in Engels (VSA)). ISSN 0362-4331. Besoek op 26 April 2021.
  5. "Frances McDormand wins third best actress Oscar for Nomadland". the Guardian (in Engels). 26 April 2021. Besoek op 26 April 2021.
  6. Barnes, Brooks; Sperling, Nicole (15 April 2021). "'Nomadland' Makes History, and Chadwick Boseman Is Upset at the Oscars". The New York Times. Besoek op 16 April 2021.
  7. "2021". Oscars.org | Academy of Motion Picture Arts and Sciences (in Engels). Besoek op 7 April 2021.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]