Tadjiks
- Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Tadjiks (volk).
Tadjiks тоҷикӣ, تاجیکي, tojikī | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Tadjikistan Oesbekistan Kirgisië Afghanistan Volksrepubliek China | |
Gebied: | Suid-Asië | |
Totale sprekers: | 7,9 miljoen[1] | |
Taalfamilie: | Indo-Europees Indo-Irannees Irannees Tadjiks | |
Skrifstelsel: | Arabiese alfabet Cyrilliese alfabet Latynse alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Tadjikistan | |
Gereguleer deur: | Tadjikse taalagentskap | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | tg
| |
ISO 639-2: | tgk
| |
ISO 639-3: | tgk
| |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Tadjiks (забо́ни тоҷикӣ́, zaboni tojikī, [zaˈbɔni tɔd͡ʒiˈki]), ook Tadjikse Persies (форси́и тоҷикӣ́, forsii tojikī, [fɔrˈsiji tɔd͡ʒiˈki]) genoem, is 'n Irannese taal wat deur sowat 7,9 miljoen mense in Tadjikistan, Afghanistan, Kirgisië, Oesbekistan en die Volksrepubliek China gepraat word. Dit is die derde mees verspreide taal van Sentraal-Asië naas Oesbekies en Kasaks. Tadjiks is die amptelike taal van die Republiek Tadjikistan.
Tadjiks is 'n moderne variëteit van Persies wat deur invloed van Russies en die Turkse tale van Sentraal-Asië tydens die Sowjetunie ontstaan het. Tadjiks word amptelik met 'n gemodifiseerde Cyrilliese alfabet geskryf, maar in die Internet word ook 'n variant van die Latynse alfabet gebruik. In Afghanistan en die Volksrepubliek China word 'n gemodifiseerde Arabiese alfabet gebruik.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Tajiki" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Mei 2020. Besoek op 25 Januarie 2019.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Tadjiks.
- Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir Tadjiks.